Die Gemeente Midrand is 'n tuiste vir jou familie
Visie:
Ons is ‘n welkome familietuiste in God se liefde
Missie:
Ons lewe as familie deur die Vader, diensknegte deur die Seun en gestuurdes deur die Gees
Waardes:
Gegrondves in die Here se liefde lewe ons in die krag van die Gees nie net deur geloof en hoop nie, maar die liefde van God. Dit bepaal ons woorde en dade na mekaar, na ander en na God se skepping.
As familietuiste het ons die volgende waardes:
- Ons kom mekaar tegemoet en is akkommoderend, want ons besef ons is nie almal dieselfde nie en het nie dieselfde behoeftes nie
- Ons almal bring ons kant, want ons besef geen familie kan deur een persoon bymekaar gehou word nie, daarom is ons getroue rentmeesters wat
- Besoekers welkom heet
- Nuwe mense nooi na ons gemeente
- Projekte heelhartig ondersteun
- Nie net van die kerkraad en predikant verwag om dit namens my te doen nie
Dit weerspieël die waardes van ons moederkerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika:
- nederigheid in ons lewe voor God
- nugterheid in ons omgang met die Woord
- menslikheid in ons verhoudings met mekaar en ander mense
